 |
Forum Eerste Wereldoorlog Hét WO1-forum voor Nederland en Vlaanderen
|
Vorige onderwerp :: Volgende onderwerp |
Auteur |
Bericht |
Tandorini

Geregistreerd op: 11-6-2007 Berichten: 6841 Woonplaats: Laarne
|
Geplaatst: 19 Sep 2009 21:44 Onderwerp: Zuid-Afrikanen in WO I. |
|
|
Het is wel in de Zuid-Afrikaanse taal,maar toch interessant.
Ze vochten in Duits Zuidwest-Afrika,Duits Oost-Afrika,Midden-Oosten,Westelijk front.
Stukje uit de inhoud:
Duits Zuidwest-Afrika.
....Suid-Afrikaanse vrywilligereenhede het gedurende die Eerste Wêreldoorlog (1914 - 1918) aan verskillende oorlogsfronte geveg. Soos reeds vermeld, was die eerste hiervan Duits-Suidwes-Afrika.
Die Suid-Afrikaanse ekspedisiemag se eerste oogmerk was die besetting van Lüderitzbucht. Ooreenkomstig die aanvalsplan wat op 21 Augustus opgestel was, is die ekspedisiemag van sowat 5 000 man in drie magte onderverdeel, nl A Mag onder brig genl H.T Lukin (Port Nolloth), B Mag onder die reeds vermelde lt kol Maritz te Upington en C Mag (Lüderitzbucht), aangevoer deur kol S.P. Beves. Lukin se mag het reeds sy bestemming by Port Nolloth bereik, terwyl laasgenoemde se mag op 15 September per skip vanaf Kaapstad na Lüderitzbucht vertrek het. Beves het sy bestemming drie dae later bereik waar die vyand feitlik geen weerstand gebied het nie.
Intussen het brig genl Lukin sy hoofkwartier by Steinkopf ingerig en sy mag langs die spoorlynverbinding met Port Nolloth ontplooi. Sy mag was reeds in beheer van Raman's Drift en die hoë terrein by Houms Drift. Op hierdie tydstip het lt kol Maritz gerebelleer wat Beves se mag by Lüderitzbucht in gevaar gestel het. Hierdie skielike wending het Lukin verplig om enige moontlike vyandelike druk op Beves se mag te verlig.....
De medische dienst
....Die Geallieerde offensief wat op 9 April 1917 van stapel gestuur is, het so snel verloop dat die insamelpunt spoedig verder as 5 kilometer van die regimentshulpppos was. Die lang afstande, sneeu en reën het die Ambulans se taak bemoeilik en veral die verbandplek by Anzin was besonder bedrywig - in die eerste 24 uur is 1 246 gewondes behandel. Tussen 19 April en 12 September 1916 is die Veldambulans verskeie kere verskuif en dit moes mediese steun lewer by onder meer Arras (die hoofkwartier), la Thieuloye en Hautes Avesnes.
Op 12 September is 1 South African Field Ambulance na Vlammerthinge aan die front by Ypres verskuif. Die Suid-Afrikaanse brigade se ongevalle aan die front by Ypres was hoog: 263 het gesneuwel terwyl 995 gewond of vermis is. Die Suid-Afrikaanse veldambulans is tot die uiterste beproef want veldverpleging en die afvoer van verliese moes deurentyd onder hewige artillerie-vuur gedoen word. Talle mediese offisiere en baardraers is gewond of gedood, maar desondanks het die Veldambulans hom goed van sy taak gekwyt......
Lees verder:
http://www.samagte.co.za/weermag/weermag/geskiedenis/geskiedenis2.html _________________ "Horum omnium fortissimi sunt Belgae"
"Van hen(de Galliërs) allemaal zijn de Belgen de dappersten"
Julius Caesar(100 VC - 44 VC)
http://nl.escertico.wikia.com/wiki/Militaria_Wiki |
|
Naar boven |
|
 |
|
|
Je mag geen nieuwe onderwerpen plaatsen Je mag geen reacties plaatsen Je mag je berichten niet bewerken Je mag je berichten niet verwijderen Ja mag niet stemmen in polls
|
Powered by phpBB © 2001, 2002 phpBB Group
|